Conradie - ABSA Pinotage 2020

“Ons het van die eerste dag geweet, toe die drywer die keller binne kom,dat dit die potensiaal het om ‘n merkwaardige wyn te maak.” - CP Conradie, eienaar en wynmaker van Conradie Penhill Artisanal Wines.

Pinotage was nog altyd ‘n spesiale variëteit, maar die Pinotage van 2019 is ’n uitblinker met sy goeie, intergreerde taniene wat sag op die palet val. Die kleure weerspieël die geure van rooivrugte soos pruime, donker sjokolade en koffie.

Die vate is hoofsaaklik Odysé en Francois Freres wat sorg vir ’n “mooi verouderde potensiaal”.

Ongeveer 6000 bottels van hierdie Pinotage is landswyd beskikbaar, asook aanlyn, maar vir die beste ervaring: kom geniet dit by die wynplaas self!