Spier - ABSA Pinotage 2020

“‘n Elegante Pinotage, maar tog met ‘n bietjie spiertonis”

Volgens Johann Jordaan, rooiwynmaker van Spier sal ‘n mens verwag om ‘n perskleur in jou glas te sien wanneer jy hul 21 Gables Pinotage skink, maar dis juis die dieprooi-kleur wat daardie laer ph-vlakke en soetkarakter reflekteer. Die benaming, 21 Gables Pinotage, is afkomstig van die geuwels op die geboue van die plaas, ‘n kenmerk eie aan Spier, een van Suid-Afrika se oudste wynplase.

Die wyn omhels ‘n sterk kultivar karakter, intensiteit en fyner taniene as ander Pinotage wyne as gevolg van sy ligging naby die see. Daarom ook sy prominente rooibessie wat deur die palet trek, “‘n ontploffing van bessievrug” soos Johann sal beskryf.

Volgens Johann sal liefhebbers ‘n verskeidenheid proe van soet, suur en sout met ‘n vars einde. Het jy al die 21 Gables Pinotage geproe? Vertel ons wat jy dink!