VINPRO l Nuwe wyndruifklone by Vititec geproe

Vititec, die toonaangewende verskaffer van hoëgehalte wingerdplantmateriaal, het 13 Februarie 2020 ʼn proe van die nuutste beskikbare wyndruifklone in die Suid-Afrikaanse wynbedryf by Vinpro se hoofkantoor in die Paarl aangebied.

Vanjaar is sowat 20 nuwe en bestaande wyndruifklone deur ʼn groep wynmakers en produsente uit die bedryf, asook uitgesoekte media geproe en beoordeel. Van die opwindende nuwe druifsoorte en klone sluit Grüner Veltliner, Vermentino en Macabeau in.

“Die terugvoer uit die bedryf self is broodnodig en rigtinggewend. Hoewel dit ʼn lang proses van invoer tot produksie is, is die belangstelling in spesifieke klone en druifsoorte ʼn goeie aanduiding of die plantmateriaal vermeerder moet word,” sê Charles Visser, Vititec-wingerdkundige.

Vir meer inligting besoek www.vititec.com.