Viljoensdrift - Absa Pinotage 2020

Wanneer jy in die Boland-dorpie Robertson indraai na Viljoensdrift, sal jy dalk net nie weer wil groet nie. Hier waar rooi grond die Breërivier omring, is Pinotage ‘n passie.

“Dis ‘n lekker, trotse druif om mee te werk” soos Fred Viljoen beskryf. Fred en sy broer, Manie, is die vyfde geslag wat op die Viljoenlande boer. Die filosie agter hul Single Vineyard River Grandeur Pinotage is dat ‘n mens “nie moet krap aan iets wat werk nie.” ’n Pinotage moet fluweel wees in die mond met sterk note van ‘n oorryp piesang; saam met hierdie wyn se gestoofde vrugte versnit, is dit presies wat die broers se wenresep beloof.

Hou piekniek op die grasperk van die plaas waar musiek die sonskyn Saterdae vermaak, of seil uit op die Breërivier en klink ‘n glasie op n manjefieke sonsondergang.