Klawer Wynkelders

Klawer Wynkelders is geleë langs die N7 en die perfekte plek vir reisigers om ‘n blaas kaans te vat. Hetsy jy op vakansie, besigheid of op ‘n blomme toer deur Namaqualand reis, kan jy ‘n koue glasie wyn by die kelder kom geniet.

Daar is ‘n paar baie unieke wyne naamlik die African Vermouth, ‘n soetwyn wat met rooibos verweef is asook ‘n baie bekroonde laatoes wyn Villa Esposto Straw wine. Leer ken ook die Klawer reeks deur een van vele wynproe kombinasies.

Vir ‘n geskenkie of soet bederf,  is  daar ook verskeie plaaslike produkte in die proelokaal te koop. Klawer heet jou ‘n hartlike welkom. Klawer wynkelders het ‘n groot verskeidenheid wyne om van te kies van droog tot vol soetwyn.

Die kelder was gestig in 1956 as korporatiewe wynkelder en produseer vandag verskeie bekroonde wyne Klawer word aangewys as een van die grootste wyn produsente in die land en voorsien ook wyn aan verskeie handelsmerke.

Indien jy nie persoonlik by die kelder kan stop nie, bestel gerus jou gunsteling wyn op www.klawerwine.co.za . Bespreek vandag nog jou volgende besoek by Klawer Wynkelders 0272161530.